NEWS | Latest news articles

Jeug: Loopbaangeleenthede en Hoe om Nuwelinge na die Landbousektor te Lok

  • 19 May 2017
  • 2719
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  press-release



Mpumelelo het die sessie afgeskop deur ʼn volgepakte gehoor te verwelkom wat leerlinge en student van verskeie skole en universiteite ingesluit het wat talle persone vanuit die hele spektrum ingesluit het.
 
Die paneellede het al die verskillende loopbaangeleenthede binne die landbouwaardeketting uitgewys en die konsensus was dat student baie spesifiek moet wees wat hulle wil hê wanneer hulle vir sekere posisies in die landbousektor aansoek doen.
 
Almal was dit eens dat die enigste ding wat nodig is om ʼn suksesvolle loopbaan in landbou te hê, is ʼn werklike passie vir landbou en ʼn goeie werksetiek, maak nie saak waar jy in die waardeketting inskuif nie.
 
As gevolg van die gesofistikeerdheid en tegnologiese vorderings in landbou, is daar loopbaangeleenthede van die insetverskaffing, grondwerke, IT, finansies, biotegnologie, ekonomie, ingenieurswerke, wetenskap, bemarking en selfs joernalistiek en nog baie meer.
 
Baie van die maatskappye bied internskappe en beurse en studente het die raad ontvang om hulle huiswerk te doen wanneer hulle vir posisies aansoek doen. “Lees op oor die maatskappye se waardes en etiek sowel as hulle bedryfsaktiwiteite,” was die wysie al die paneellede gesing het.
 
Hierdie sessie was in twee segmente aangebied met baie interaksie met die gehoor.
Die reeks vier vanjaar vier jaar van uitsendings by Nampo waar die gesprek oor die belangrikheid van landbou wyd versprei word oor verskeie hoofstroom media soos KykNet, 702/Cape Talk, Soweto TV, Business Day TV en baie ander. Die reeks is ook beskikbaar via YouTube. Laai die Nasie in Gesprek Toep af by www.nasieingesprek.co.za om by die gesprek aan te sluit asook vir die volledige uitsaaiskedule waar jy die volledige episode kan kyk.
 
Einde.
 
Uitgereik deur: 
Marlon Abrahams 
Kommunikasiebestuurder 
Tel: 018 464 7349  
Sel: 076 412 9717





Related Articles