Episodes

Episodes en Promo Videos

'n Lys met die episodes asook kort videos wat jou 'n voorsmaak van elke episode in die nuwe reeks sal gee.


Fokus op die Jeug

Gegewe die huidige ekonomiese druk en die uitdagings wat die landbousektor (en totale waardeketting) in die gesig staar - waar lê die geleenthede, en hoe kan die regte individue opgelei word om die bedryf vorentoe te neem? Theo Vorster (Galileo Capital) lei die gesprek en saam met hom op die paneel is André Latsky (Hoof: Hoër Landbouskool Oakdale), Dr. Dirk Strydom (Hoof van Graan Ekonomie en Bemarking: Graan SA), Rian Joubert (Finansiële Direkteur: JDI), John Hudson (Hoof: Nedbank Landboudienste) en Jackie van der Poll (Leeuwendrift Boerdery)

MEER INFO

Wat hou die toekoms van die garsbedryf in vir al die rolspelers?

Die gesprek word gefasiliteer deur Jannie de Villiers (Uitvoerende Hoof: Graan SA) en by hom op die paneel is Josh Hammann (Direkteur: Agro Development Africa, ABInbev), Erenst Pelser (Uitvoerende Hoof: SSK), RD Erasmus (Voorsitter: Gars Spesialiteitskomitee) en Gert Claassen (Gars Spesialiteitskomitee).

MEER INFO

Opleiding en opleidingsinstansies in landbou

Theo Vorster anker die gesprek en saam met hom op die paneel Prof ohann Kirsten (Direkteur: Bureau for Economic Research), Magda du Toit (Korporatiewe Kommunikasie: Bayer), Sylvester Lubambo (Harvest Time Investments), Alfreda Mars (Middelpos Plaas) en Barend Sulvester (Kaap Agri Akademie)

MEER INFO