Episodes

Episodes en Promo Videos

'n Lys met die episodes asook kort videos wat jou 'n voorsmaak van elke episode in die nuwe reeks sal gee.


Nasie in Gesprek fokus op die beesbedryf

Ons besoek die toerismejuweel in die Oos-Vrystaat - Clarens. Behalwe vir 'n eindelose lys van dinge om te sien en te doen, het ons gaan uitvind hoe "Craft Bier" gemaak word. Ons gesels dan ook met beesprodusente om meer oor hierdie bedryf uit te vind. Ons gesels oudergewoonte met Chris Burgess van Landbouweekblad, en ons loer in by Sparta Beef om die waardeketting in hierdie bedryf te ontgin. Theo Vorster gesels met Michael Bradfield oor die waarde van beesvleis en ander interessante ontwikkelinge in die bedryf.

MEER INFO

Nasie in Gesprek fokus op die suikerbedryf

Ons gaan kuier by suikerprodusent Charl Senekal, en verken die verskeidenheid toerisme-aantreklikhede in die area. Ons gesels ook met 'n paar plaaslike produsente en inwoners, en Roy McGladdery deel sy ongelooflike suksesstorie met ons.

MEER INFO

Nasie in Gesprek fokus op die wildbedryf

Ons gesels met die bekroonde fotograaf Morkel Erasmus oor sy passie vir wilde diere, en spesifiek, hoekom Suid-Afrika so gewild is onder fotograwe. Daarna gaan kuier ons by die wildboer, Piet Warren, op sy plaas Sable Park naby Gravelotte. Ons gesels weer met Chris Burgess van Landbouweekblad, waarna Theo Vorster die gesprek verder neem om te kyk hoekom die wildbedryf so gewild is, en wat die uitdagings is wat die bedryf in die gesig staar. Ons het ook besoek afgele aan John Hume op sy plaas, vir 'n spesiale fokus op die bewaring van renosters!

MEER INFO