'n Lys met die episodes asook kort videos wat jou 'n voorsmaak van elke episode in die nuwe reeks sal gee.
Ons kyk na die pragtige toerismebestemming - Hartbeespoort - en verken die menige aantreklikhede en aktiwiteite in die omliggende gebied. Ons gaan loer dan in by 'n plaaslike groenteboer om te kyk hoe dit op die lande lyk. Chris Burgess van Landbouweekblad kom gesels weer met ons in die ateljee, en ons besoek die indrukwekkende varsproduktemark in Johannesburg. Lindie Stroebel van die Produce Marketing Association sluit dan by Theo Vorster aan, om verder oor die groentebedryf te gesels.
MEER INFOOns vat pad op die R71, en verken die asemrowende natuurskoon oppad na Tzaneen. Ons stop dan ook in Letsitele by Lufafa Hatchery.
MEER INFOOns lê besoek af aan Oudtshoorn – welbekend vir “volstruis-toerisme”. Ons kyk ook na al die verskillende produkte wat van volstruise afkomstig is, en wat die bydrae is tot die ekonomie.
MEER INFO