Episodes

Episodes en Promo Videos

'n Lys met die episodes asook kort videos wat jou 'n voorsmaak van elke episode in die nuwe reeks sal gee.


Nasie in Gesprek kyk spesifiek na die wyn- en whiskey bedrywe

In hierdie episode kyk ons na die beeldskone Wellington Distrik, meer spesifiek na die wyn- en whiskey bedrywe, wat ‘n groot rol speel in die plaaslike ekonomie en die area se gewildheid onder toeriste. Ons lê besoek af aan Diemersfontein en Bosman Family Vineyards, sowel as die James Sedgwick Distillery.

MEER INFO

Nasie in Gesprek kyk na Familiebesighede

In hierdie episode besoek ons twee van Suid Afrika se gewilde klein dorpies, Robertson in die Wes-Kaap, sowel as Parys in die Vrystaat. Beide hierdie dorpies is gewild onder besoekers om verskeie redes, maar ons gaan bietjie meer lig werp op die sukses en impak van familieboerderye in hierdie streke. Ons kyk ook na uittreksels uit die Senwes Jongboerkongres, waar die onderwerp van familie-ondernemings in diepte bespreek is, gefasiliteer deur Theo Vorster.

MEER INFO