Episodes

Episodes en Promo Videos

'n Lys met die episodes asook kort videos wat jou 'n voorsmaak van elke episode in die nuwe reeks sal gee.


Kyk Nasie in Gesprek elke Woensdag om 17:30 op kykNET

Nasie in Gesprek, saam met Rozanne McKenzie en Theo Vorster verken nog meer van Suid-Afrika se landboubedrywe in ons tweede reeks. Die program volg die produk van plaashek tot in die kombuis, en gesels oor die belangrikheid van die waardeketting.

MEER INFO

Nasie in Gesprek fokus op die mieliebedryf

Suid-Afrika spog met van die beste mielieboere ter wêreld. Mielies is ook ‘n belangrike stapelvoedsel in ons land. In die veebedryf is dit ’n baie belangrike voerkomponent. Hoender-, vark- en beesvleisproduksie sal nie kan bestaan sonder mielies nie.

MEER INFO

Nasie in Gesprek fokus op die aartappelbedryf

Vandag kyk ons na 'n uiters belangrike produk in die internasionale voedselstelsel. Dit is die nommer een styselgroente in die wêreld, en ook die enigste onverfynde stysel binne die styselmark. In Suid-Afrika, staan produksie van hierdie produk op 'n ongelooflike 2,18 miljoen ton. Die goeie ou aartappel!

MEER INFO