Episodes

Episodes en Promo Videos

'n Lys met die episodes asook kort videos wat jou 'n voorsmaak van elke episode in die nuwe reeks sal gee.


Nasie in Gesprek besoek die melkbedryf

In hierdie episode fokus ons op die melkbedryf, en le besoek af aan die Oos-Kaap met sy pragtige toeriste-aantreklikhede. Ons ondersoek ook van die inisiatiewe wat onderneem word om die melkbedryf te bevorder.

MEER INFO

Nasie in Gesprek besoek die Kaapse Karoo en kyk na die skaapbedryf

In hierdie episode besoek ons die hartjie van die Kaapse Karoo, Beaufort Wes, met sy vriendelike mense, beeldskone horisonne en sy ryke geskiedenis. Ons gaan ook stilstaan by die skaapbedryf, meer spesifiek Karoolam, eie aan hierdie area! Chris Burgess van Landbouweekblad kom deel sy insigte oor die skaapbedryf. Dr. Pieter Prinsloo (RPO) en Aggrey Mahanjana (NERPO) kom gesels met Theo Vorster.

MEER INFO

Nasie in Gesprek kyk na die vrugtebedryf

Vandag kuier ons in die Ceres distrik – veral bekend vir sy florerende vrugtebedryf. Ons lê besoek af aan die Dutoit Groep, sowel as De Keur Boerdery, en ontgin die pragtige stories wat hier te vertel is. Chris Burgess van Landbouweekblad kom deel sy insigte oor die vrugtebedryf, en ekonoom Dr. Roelof Botha kom gesels met Theo Vorster.

MEER INFO