Episodes

Episodes en Promo Videos

'n Lys met die episodes asook kort videos wat jou 'n voorsmaak van elke episode in die nuwe reeks sal gee.


Hoe skep ons nuwe energie in landbou?

Ons kyk ook na die rol van georganiseerde landbou, teen die agtergrond van grondhervorming, stygende lone, en meganisasie. Die gesprek word gefasiliteer deur Theo Vorster (Galileo Capital) en op die paneel is: Francois Strydom (Groep Hoof Uitvoerende Beampte: Senwes), Chris Burgess (Redakteur: Landbouweekblad), Jannie de Villiers (Uitvoerende Hoof: Graan SA), Min. Alan Winde (Minister van Ekonomiese Geleenthede, Wes-Kaap Regering) en André Uys (Uitvoerende Hoof: Acorn Agri & Food)

MEER INFO

Intensiewe veeboerdery se rol in volhoubare vleisproduksie

Intensiewe veeboerdery se rol in volhoubare vleisproduksie, met ‘n fokus op skaap. Die sessie word aangebied deur deur Plaas Media. Theo Vorster (Galileo Capital) fasiliteer die gesprek en saam met hom op die paneel is Dr. Karin Wessels (Mamre Intensiewe Skaapboerdery), Izak Hofmeyr (Plaas Media), Dr. D’Wall Hauptfleisch (Veearts) en Charné Josling (Universiteit van die Vrystaat).

MEER INFO

Nasie in Gesprek besoek die Dadelbedryf

Ons kuier op die Karstens se dadelplaas in die Noord-Kaap, verken die wêreld se skone toerisme en sluit ons reis af in die ateljee saam met bedryfskenners, Lindie Stroebel en Salome Delport.

MEER INFO