Nuus Artikel

blog image
13 Sep
2018

Die Groot Garsbespreking op Nasie in Gesprek by Nampo Kaap

Dag twee van die eerste Nampo Kaap het vandag, 13 September 2018, by Bredasdorp Park in die Overberg afgeskop. Die Nasie in Gesprek landbougespreks¬program het begin met 'n indringende bespreking oor gars.


Graan SA HUB, Jannie de Villiers, het 'n paneelbespreking gelei wat ingesluit het Josh Hammann, Direkteur Agro Development Africa for ABIbev (Suid-Afrika se grootste brouery); Erenst Pelser, HUB van SSK (Sentraal-Suid Koöperasie); RD Erasmus, Voorsitter van die Gars Spesialiteitskomitee en Gert Claasen, kommersiële garsboer en lid van die Gars Spesialiteitskomitee.

Die bespreking het 'n insig gegee in die kompleksiteite van die garsbedryf, wat verskeie unieke uitdagings het. Dit sluit in opberging en algemene verbouing.

Die sprekers het inligting verskaf oor die verskille tussen die produksie van moutgars en voergars, wat verskillend bemark en geprys word.

Daar is sowat 5 verskillende kultivars wat in Suid-Afrika geproduseer word en volgens Erenst moet elke kultivar apart geberg word.

Josh het 'n passievolle verslag gelwer oor ABInbev se toewyding tot die plaaslike garsbedryf. “Bierverbruik in die VSA en Europa is besig om te daal en die groeiende markte is in Afrika en die Ooste. Die Suid-Afrikaanse garsbedryf lewer net onder die helfte van die totale wêreldproduksie. Ons produseer ongeveer 6 miljoen ton.”

Ander aspekte waarna verwys is tydens die bespreking het ingesluit klimaats- en oesrisiko's en die gebrek aan versekeringsprodukte in die bedryf.

Om meer uit te vind oor die dinamika met betrekking tot die ontwikkeling van die garsbedryf, besoek die Nasie in Gesprek webtuiste by www.nasieingesprek.co.za en kyk die volledige program.

Leave A Comment