Nuus Artikel

blog image
10 May
2018

Die Kersie op die Koek in episode 6 van Nasie in Gesprek

Wie hou nou nie van ‘n lekker kersie nie. Of dit nou deel is van ‘n gebraaide gereg, vrugtekelkie of jou gunsteling kolwyntjie is, dit is altyd ‘n treffer.


In hierdie episode van Nasie in Gesprek kyk ons na die kersiebedryf en die program skop af met ‘n besoek aan die welbekende Ficksburg Kersiefees.

Plaaslike Ficksburg Kersiefees seremoniemeester, Gavin Boy, vertel ons van die impak van die fees op hierdie mooi dorpie se ekonomie. “Ons het iets wat meeste Suid-Afrikaanse plekke nie het nie, kersies en dan natuurlik asemrowende Multiberge wat soms met sneeu bedek is,” vertel hy.

Johan du Toit, Voorsitter van die Ficksburg Kersiefees Komitee vertel kykers waarna om uit te sien by die fees wat van 400 mense tydens die eerste fees, gegroei het tot 22 000 mense wat dit verlede jaar besoek het.

Ons bly by die ekonomie van die dorp met die HUB van ZZ2, Tommie van Zyl wat in gesprek is met programaanbieder, Theo van Zyl oor die Mooketsie Mark en die invloed wat dit op die plaaslike ekonomie het.

Daarna loer die kameras in by Ionia Kersieplaas om met die eienaar Rene Scheepers te gesels wat lig werp op sommige van die verwikkelinge rakende kersieboerdery. Volgende praat programaanbieder Rozanne McKenzie met gereelde besoeker Lindie Stroebel, Bestuurder van die PMA wat vir ons meer insig bied oor die besigheid van kersies.

Moenie hierdie innemende episode misloop nie om meer tewete te kom oor hierdie lekker bedryf!

Leave A Comment