Nuus Artikel

blog image
22 Apr
2019

Die wêreld van uie in episode drie van Nasie in Gesprek

Daar is baie verskillende tipes uie die wêreld oor, maar hierdie groente bly ‘n gunsteling as gevolg van die veelsydige aard en die vermoë daarvan om geur aan amper elke dis te verskaf. In episode drie van Nasie in Gesprek word daar van nader gekyk presies waar uie in Suid-Afrika verbou word.


In die toerismesegment van die program verken ons die ryk geskiedenis van die diamantbedryf in Barkley-Wes in die 1870’s. Vandag het die dorpie gegroei tot ‘n ekotoerismebedryf wat ook baie geleenthede vir landbou bied. Bernice Versluis van die Olyfhuis Gastehuis wys ons sommige van die toeriste-aantreklikhede wat tot die dorp se ekonomiese groei bydra.

Een van Suid-Afrika se grooste uieprodusente, Louis de Kock van Wildeklawer Boerdery neem ons deur die produksieproses van uie en hoe hierdie besigheid waarde toevoeg tot die lewens van die personeel en groter gemeenskap.

Louis neem ons ook deur die prosesse van sy verpakkingsaanleg waar die uie ook volgens die klant se veresite gesorteer en verpak word. Wildeklawer produseer ook beet, mielies en koring asook wortels en aartappels.

Het jy geweet? Die aartappel het ‘n tweejaarsiklus en ontkiem en groei van ‘n saad tot ‘n bolformasie, terwyl dit in die tweede jaar, indien dit in die grond bly meer blare genereer asook blomme en sade wanneer die siklus weer begin.

Rozanne en Lindie Stroebel van die PMA (Produce Marketing Association) verpak die verskillende tipes uie vir ons, die gewilde tipes in Suid-Afrika asook die verskeie maniere hoe die ui gebruik kan word. Die bruin ui is die mees algemeenste wat gebruik word asook die tipe wat plaaslik die meeste geproduseer word.

Die groeipotensiaal en volhoubaaarheid om uie na Europa uit te voer word verken deur Theo en Hendrik Eksteen, HUB van Grow Fresh Produce Agents. Suid-Afrika is baie gelukkig om goeie uieproduksie te hê ondanks die uitdagings wat droogtes stel. Theo en Hendrik bespreek ook dan die uitvoermark tussen ons land en die van die mark in die res van Afrika. Die vraag van aanbod en behoefte in die uiebedryf word ook beantwoord in vergelyking met die kwaliteit en raklewe van ‘n ui.

In die volgende episode kyk Nasie in Gesprek na die lewendehawebedryf. Gideon Oosthuizen van De Beerskraal Boerdery neem ons deur veeboerdery in die Potchefstroom omgewing in die Noordwes. Om die herhalings te kyk skakel in by kykNET, Vrydae om 13:00, Saterdae om 17:30, Sondae om 17:00, Dinsdae om 16:30 en Woensdae om 14:00. 

Moet dan ook nie die volgende 10 weke van die 13-weke lange reeks oor lewende hawe, kwekerye, bosbou, beet, Nampo Oesdag, koring, katoen, pekanneute en situs misloop nie. Dit word weekliks, elke Donderdagaand om 18:00 op kykNET gebeeldsend, van nou af tot en met 27 Junie 2019. Vir meer inligting of die volledige skedule van die nuwe reeks besoek asseblief die webtuiste www.nasieingesprek.co.za.

Leave A Comment