Nuus Artikel

blog image
13 May
2019

‘n Kykie na die koringbedryf

In episode ses van Nasie in Gesprek gaan ons deur die koringwaardeketting asook die invloed wat dit op voedselsekutiteit het. Koring, rys en mielies is van die grootste graansoorte ter wêreld en Suid-Afrika produseer rondom 2,3 miljoen ton koring per jaar.


Bloemfontein is beslis nie slegs ‘n stad waar jy net brandstof ingooi en weer op die langpad klim nie. Daar is aktiwiteite vir die hele familie wat oor ‘n hele paar dae geniet kan word. Die stad wat ook bekend is as die stad van rose het ook wildsplase, museums en die grootste Nelson Mandela standbeeld, wat 8 meter hoog bo die stad uittroon. Bloemfontein wat in Sentraal Suid-Sfrika geleë is verskaf ‘n bykomende voordeel aan plaaslike produsente wanneer besigheid in ander dele van die land gedoen moet word.


Ons besoek ‘n jong produsent, Frikkie van der Merwe wie al die afgelope dekade met koring boer. Hy produseer hoofsaaklik sonneblom en mielies maar het ook ‘n besproeiingsarm waarop koring en milies geproduseer word. Hy verduidelik hoe weersomstandighede hom gedruk het om koringbesproeiing te probeer omdat dit glad nie winsgewend is om dit op droëland te plant nie.
Het jy geweet? Koring is een van die graansoorte wat al tussen agt en tienduisend jaar gelede deur mense verbou word. Die eerste koring was egter eers in 1652 in Suid-Afrika aangeplant.
Pasta word deur meel en water vervaardig maar die gehei

m om dit te vorm lê vasgevang in die gereedskap wat gebruik word om die pasta te vervaardig. Praveen Singh, algemene bestuurder van FG La Pasta neem ons deur al die prosesse van oorspronklike Italiaanse pastaprodukte. Dit word in die plaaslikke market gebruik met baie van die klante wat voedselvervaardigers is.
Jannie de Villiers van Graan SA en Rozanne gesels hoekom koring al hoe minder winsgewend is en vertel ons oor van die uitdagings rakende die plant van koring in Suid-Afrika asook die opsies om beter kultivars te plant. Hulle gesels ook oor hoe verbruikers die verskil tussen plaaslikvervaardigde koring en die ingevoerdes kan bepaal en die voordele indien mens plaaslikvervaardigde koring aankoop.
Suid-Afrika voer huidiglik koring in en Theo gesels met Dr Ferdie Meyer van BFAP rakende die uitdagings by koringuitvoere en watter veranderinge onlangs in die koringbedryf plaasgevind het.


In die volgende episode van Nasie in Gesprek reis ons na die Oos-Kaap om na die bosboubedryf te loer. So indien jy hierdie episode misgeloop het kan jy na die herhalings op kykNET kyk, Vrydae om 13:00, Saterdae om 17:30, Sondae om 17:00, Dinsdae om 16:30 en Woensdae om 14:00.

Ons sien ook uit om jou deur die volgende weke van die 13-weke lange reeks te lei met die volgende episodes wat handel oor Nampo Oesdag, beet, koring, katoen, pekanneute en sitrus. Dit word weekliks, elke Donderdagaand om 18:00 op kykNET gebeeldsend, van nou af tot en met 27 Junie 2019.

Vir meer inligting of die volledige skedule van hierdie nuwe reeks besoek asseblief die webtuiste www.nasieingesprek.co.za.

Leave A Comment