Nuus Artikel

blog image
15 May
2018

‘n Warm Gesprek tydens die tweede sessie van Nasie in Gesprek

Nasie in Gesprek het die vraag gevra: “Hoe kan die bedreigings tot voedselsekerheid oorkom word om ‘n goeie toekoms en gesonde landbousektor te verseker?”


Tydens die tweede sessie van die eerste dag van Nasie in Gesprek 2018 het die kollig op die Politieke Perspektief geval met professor Nick Binedell wat die hewige debat gelei het bestaande uit die leier van Cope Mosiuoa Lekota, AfriForum HUB Kallie Kriel, die DA se hoofsweep John Steenhuisen asook die voormalige minister Roelf Meyer en Moeletsi Mbeki, ‘n politieke analis en besigheidsman.

Die tweede sessie was gekenmerk deur ‘n stampvol ateljee wat gesien kan word as ‘n teken van die tye waarin ons leef waar die debat oor grond baie relevant is. Dit was ook gekenmerk deur passievolle gesprekke oor die onderwerp tussen die paneelgaste sowel as die gehoor met een lid van die gehoor wat die paneel selfs as ligsinnig beskryf het.

Die gemoedere van die gesprek was onmiddellik baie divers met Mbeki wat gesê het dat die ANC se beleid oor grondonteiening sonder vergoeding niks met die land te doen het nie, “maar dit is die manier van die ANC om witmense te gebruik om soedoende stemme te werf. Ek is glad nie bekommerd nie.”

Dit was geantwoord deur Kallie Kriel wat sê: “The opmerkings wat deur die ANC gemaak is en meneer Mbeki se antwoord skets presies dieselfde scenario wat in Zimbabwe afgespeel het.”

Roelf het tot die gemoedere bygedra deur te sê dat “Hoewel ek dink dat Mbeki dalk reg kan wees, dink ek nie dat die grondkwessie net sal weggaan nie, nie voor of na die verkiesing nie. Dit is omdat die grondkwessie gekoppel word aan die ongelykheid en dat die gaping van ongelykheid net al hoe groter en groter geword het.”

Mosiuoa Lekota het gesê dat die grondwet was deur alle Suid-Afrikaners, swart en wit, onderhandel en dat alle Suid-Afrikaners se belange deur die grondwet beskerm word. “Seksie 25 en 26 van die grondwet hanteer die grondkwessie en moet nie verander word nie.”

John Steenhuisen het hierby aangesluit dat “die landbousektor is deur ‘n erge droogte, werkloosheid en wat dit nog erger gemaak het is ‘n baie swak beleid wat tot groot onsekerheid gelei het.”

Die lewendige uitsending het oortyd gegaan na aanleiding van die hewige debat en interaksie na die gehoor ook geleentheid gekry het om vrae te kon vra.

Vir die volledige en insiggewende gesprek besoek asseblief die Nasie in Gesprek webblad by www.nasieingesprek.co.za waar die volledige uitsaaiskedule ook beskikbaar is.

Leave A Comment