Nuus Artikel

blog image
15 May
2018

Nasie in Gesprek 2018 skop af met Beleidsake en Scenario’s

Dag een van die land se toonaangewende landbougespreksprogram, Nasie in Gesprek het om 11:00 vanoggend (15 Mei 2018) by die land se grootste gebeurtenis op die landboukalender, Nampo Oesdag afgeskop.


Die sessie wat deur ‘n volgepakte gehoor in die ateljee bygewoon was, insluitend media sowel as ander belanghebbendes in die landbousektor waar “Beleidsake en Scenario’s” bespreek is.

Theo Venter, politieke- en beleidspesialis by die NWU Besigheidskool het die sessie geanker met die paneel wat bestaan het uit Afgri se Chris Venter, Zimbabwe politikus en produsent Simba Makoni, Raphael Karuaihe van die JSE wat ook ‘n agtergrond in boerdery het asook Russell du Preez, entrepreneur en produsent.
Die paneel het saamgestem dat beleidsonsekerheid tot beleggingsonsekerheid lei en die regering gevra om indringend hierdie kwessies aan te spreek.

Simba Makoni het gesê: “Moenie doen wat ons in Zimbabwe gedoen het nie. Dit het ons 15 jaar geneem om ‘n besluit oor grondonteiening sonder vergoeding te neem wat gevolg was deur nog 7 jaar om te besluit oor wat om met die land te doen. In daardie tyd het ons ons titel as die broodmandjie van Afrika verloor.”
Hy het bygevoeg: “Julle moet ‘n besluit neem en dit implementeer, daar is nie tyd om te mors om besluitloos te wees nie.”

Russell du Preez glo dat ‘n sleutelfaktor is om titelaktes aan mense te gee. “In 1956 het die argitek van apartheid, Hendrik Verwoerd ‘n kommissie opdrag gegee om te kyk na die voorstel dat grond aan die mense in die tuislande gegee word. Hy het egter daarteen besluit omdat hy gesê het dat hulle nie die mense kan vertrou nie… Ons moet lesse uit die verlede leer en nie dieselfde foute herhaal nie.”

Raphael het die punt gemaak dat in die Suid-Afrikaanse beesbedryf word ongeveer 10 tot 20% beesvleis vir plaaslike verbruik ingevoer, “maar daar is sowat 5 tot 6 miljoen beeste in die hande van swart tradisonele produsente wat geen kommersiële waarde het nie. Hierdie uitdaging moet aangespreek word.”

Chris het bygevoeg dat die “sleutelkwessies wat die sukses van landbou bepaal is toegang tot kapitaal, infrastruktuur, vaardigheidsontwikkeling, ‘n vryemarkstelsel en dat die regering se beleide hierdie kwessies in lyn met mekaar moet aanspreek.”

Die ankeraanbieder, Theo Venter het voorgestel dat grondhervorming ‘n gegewe is, “maar die uitdaging is hoe ons dit moet doen.”

Vir die volledige episode van hierdie fasinerende bespreking besoek asseblief die Nasie in Gesprek webblad by www.nasieingesprek.co.za waar die volledige uitsaaiskedule beskikbaar is.

Leave A Comment