Nuus Artikel

blog image
9 Apr
2018

Nasie in Gesprek 2018 skop af met ‘n lekker koppie koffie

Suid-Afrika se welbekende en uithaler landbougespreksprogram is terug met ‘n omvattendie oorsig oor ‘n hele reeks kommoditeite en verskeie aspekte van die waardeketting. Episode een skop af met ‘n kykie na Suid-Afrika se koffiebedryf. En hoewel dit nog klein is, is dit deel van ‘n groeiende groep plaaslike koffiefynproewers in ons land.


Dr Ferdie Meyer van BFAP sluit by programaanbieder, Rozanne McKenzie in die atlejee aan om te bevestig dat “baie Suid-Afrikaners beweeg weg van kitskoffie en begin om meer gesofistikeerde koffie te geniet.” Ferdie het ook bevestig dat Suid-Afrika sowat 35 ton koffie jaarliks verbruik. 

Meeste van Suid-Afrika se koffieproduksie geskied in die prentjiemooi Laeveld en inlyn met die programformaat vang die kameras die asemrowendheid van die area perfek vas. Linda Grimbeek van die Laeveld Sakekamer en Toerisme deel ook van die gebied se top toeriste-aantreklikhede. 

Het jy geweet dat koffie sy oorsprong in Ethiopië het en in die 15de en 16de eeu gewild geword het in Arabiese lande, Oos-Afrika asook Turkye.

Die program maak ook ‘n draai by Sabie Valley waar die koffie-eienaar, Tim Buckland gesels oor sy passie vir koffie en hoe besigheid daar verloop. Tim deel ook sy geheim om goeie koffie te produseer.

Tribeca is sekerlik een van die meer bekende plaaslike handelsmerke. Dit het in die jaar 2000 begin en die maatskappy se Juan Marais sê dat hulle sowat 100 ton heerlike koffie elke maand produseer. Ons kyk na die produksieprosesse waar koffiebone van regoor die wêreld verkry word alvorens dit in spesifieke profiele vermeng word.

Die mede-aanbieder van die program. Theo Vorster sluit program een af deur met senior navorsers van die Landbou Navorsingsraad in Mbombela, Mpumalanga te gesels met Schalk Schoeman wat lig werp op navorsing wat huidiglik in die bedryf gedoen word en vertel hoe die toekoms van ons plaaslike koffieproduksie daar uitsien.

Vir dit alles en nog baie meer, skakel in op Nasie in Gesprek wat op verskeie televisieplatforms gebeeldsend word. Vir die volledige uitsaaiskedule, besoek www.nasieingesprek.co.za.

Leave A Comment