Nuus Artikel

blog image
28 Jun
2018

Nasie in Gesprek 2018 sluit af met Dadels

Maak dadelik ‘n afspraak om die heel laaste episode van die huidige Nasie in Gesprekreeks te kyk wat na 13 episodes tot ’n einde kom wanneer die program dadelverbouing en produksie in Suid-Afrika bespreek.


Die program skop soos gewoonlik af met ‘n kykie na slegs van die toeriste-aantreklikhede in die Noordkaap, en om te sê dat die omgewing asemrowend is, is verseker nie genoeg om die area te beskryf nie.

Mede-aanbieder van die program, Theo Vorster stap tussen die groot palms van die dadelproduksie op die Carsten plaas van Pieter Carsten. Hier deel Pieter sy geheime oor dadelproduksie en vertel ons ‘n bietjie meer oor die geskiedenis van die plaas.

Rooi Rose se gesondheidsredakteur, Salome Delport is saam in die ateljee met programaanbieder, Rozanne McKenzie om oor van die gesondheidsvoordele van dadels te gesels terwyl die PMA se Lindie Stroebel oor die ekonomiese impak van dadelproduksie in Suid-Afrika en internasionaal gesels.


Moenie hierdie uitnemende uitbeelding van dadelproduksie in Suid-Afrika misloop nie, slegs op Nasie in Gesprek!

Leave A Comment