Nuus Artikel

blog image
13 Apr
2018

Nasie in Gesprek bestudeer die wortelbedryf

Ons reis na die dorpie, Tarlton, vir ‘n toer deur Rugani Carrots se wortel-versappingsaanleg. Ons maak ook ‘n draai by Cradle of Humankind en Roots Restaurant in hierdie omgewing.


In episode twee van die nuwe seisoen van Nasie in Gesprek reis ons na die Wieg van die Mensdom, wat ook die tuiste is van Rugani Carrots, een van die grootste wortelprodusente in die land, is. Die eerste segment van die program fokus op die ontsagwekkende skoonheid van die area, wat deur argeologiese misterie en wonder geraak word. Besoek gerus Maropeng en beleef die die historiese uitstallings van ons voorouers of geniet die bekroonde geregte van die Roots-restaurant by die vyfster Forum Homini hotel.

Na die vinnige toergids gaan die kameras terug na die ateljee waar Rozanne McKenzie met Vito Rugani, Uitvoerende Hoof van Rugani Wortels, gesels. Vito skets 'n paar interessante eienskappe en feite oor wortels. "Dit is een van die gewildste groente uit 'n verbruikersoogpunt," sê hy. Vito beklemtoon verder ook die belangrikheid van landbou as hoeksteen van die land se ekonomie en verduidelik die gevolge van 'n mislukte landbousektor op die ekonomie en prys wat die verbruiker uiteindelik betaal.

Rugani Carrots Bemarkingsbestuurder, Wesley Browne lei dan die pad na die wortelversappingsaanleg en verduidelik hoekom dit omtrent 'n uur neem voordat die wortel versap is nadat dit die grond verlaat het. En klaarblyklik het die wortel ook unieke eienskappe. Skakel in en vind uit watter gesondheidsvoordele wortels vir jou inhou. Ander insetsels in die program wat nie gemis kan word nie sluit in 'n perspektief van Lindie Stroebel, Hoofbestuurder van Produce Marketing Association, wat ons meer vertel rakende die volumes wat in Suid-Afrika geproduseer en vir watter markte aangewend word.

Theo Vorster eindig die gesprek saam met Johnny van der Merwe, Landbou-ekonoom by die NWU, wat raak aan die prys- en markneigings van groentekommoditeite en veral wortels. Indien jy die episode gemis het, maak seker jy kyk een van die heruitsendings.


Leave A Comment