Nuus Artikel

blog image
17 May
2019

Nasie in Gesprek – Bosbou vorm ‘n integrale deel van Landbou

Tydens die nuutste episode van Nasie in Gesprek was die wêreld van bosbou van wortel tot tak bespreek. Dit was nadat Nasie in Gesprek die Oos-Kaap besoek het met dorpies soos Ugie en Maclear wat aan die voetheuwels van die Drakensberge geleë is.


Die ongerepte natuurskoon het groot potensiaal vir ekstensiewe boerdery waar jy sal leer dat bosbou baie meer as bloot net die konstruksiebedryf behels. In die kontreigedeelte is die bergagtige dorpie Ugie besoek. Ugie is vernoem na die Ugierivier in Skotland. Dis omdat sendeling William Murray wat die dorpie in 1863 gestig het, daar gebore is.

Die gebied is verder bekend vir hulle forelle wat juis deur Murray in die gebied gevestig is en ook dat vlieghengel so gewild is in die gebied is. Charles Coetzer van die Elundini Munisipaliteit vertel dat vandat die R56 geteer is, lok dit nog meer voete na die area so wes van Lesotho. Ugie en Mclear is op die R56 geleë wat die kortste roete tussen Kaapstad en Durban is. Passe soos Naudésnek, wat die hoogste grondpadpas in die Suidelike-Afrika is, en die Bastervoetpad is baie gewild.

In die ateljee gesels aanbieders Theo Vorster en Rozanne McKenzie met die algemene bestuurder van PG Bison in Ugie, Pieter de Wet. Hy noem hulle het warm en nat somers en koue en droë winters wat hulle die perfekte area maak. Hulle grootste enkele risikofaktor by brand waar hulle van elketroniese vuuropsporingstegnolgie gebruik maak. Uitvoerende hoof van PG Bison, Gerhard Victor vertel dat spaanderbord werklik die langtermyn alternatief is. Hy is veral opgewonde oor hulle ontwikkelingsproram waar hulle entrepreneurs bystaan. Hulle het ook meer as R1 miljard aan hulle aanleg in die gebied spandeer.

Die direkteur van navorsing en beskerming van Bosbou Suid-Afrika, Ronald Heath het by navraag vertel dat bosbou op slegs 1% van die oppervlak van Suid-Afrika plaasvind. En indien jy dink dat papier dalk vandag minder in gebruik is, neem die verpakkingsgedeelte egter toe. Dan word die poroduk ook as verbinder en sellulose vir katoenvervanging en in die tektielbedryf gebruik. En moet ook nie vergeet dat dit ook as verbinder in medikasie, grimering, velprodukte sowel as laevet joghurt en roomys gebruik word.

Die bosboubedryf is verantwoordelik vir 11% van die Landbou BBP en die vermenigvuldingseffek van die bedryf staan op 5.9. Die toekoms lyk ook blink en ondanks die feit dat die bedryf net 4.4% oor 20 jaar gegroei het, was daar 52% toename on die produksie per area. Dan is diversifikasie ‘n kanaal vir groei met die Private-Publieke Groei-inisiatief wat president Cyril in sy staatsrede genoem het, beslis iet om na die kyk met R25 miljard se moontlike investering. En soos die ander bedrywe binne landbou, bid bosbou net so hard vir reën om te oorleef soos die ander boere.

So indien jy hierdie tweede episode misgeloop het kan jy na die herhalings op kykNET kyk, Vrydae om 13:00, Saterdae om 17:30, Sondae om 17:00, Dinsdae om 16:30 en Woensdae om 14:00. In die volgende twee episodes kan jy uitsien na al die hoogtepunte van die paneelbesprekings van Nasie in Gesprek tydens die grootste Landbouskou in die Suidelike halfrond.

Ons sien ook uit om jou deur die res van die 13-weke lange reeks te lei met die volgende eoisodes wat handel oor beet, Nampo Oesdag, beet, koring, katoen, pekanneute en sitrus. Dit word weekliks, elke Donderdagaand om 18:00 op kykNET gebeeldsend, van nou af tot en met 27 Junie 2019.

Vir meer inligting of die volledige skedule van hierdie nuwe reeks besoek asseblief die webtuiste www.nasieingesprek.co.za.

 

Leave A Comment