Nuus Artikel

blog image
24 May
2018

Nasie in Gesprek by Nampo 2018

Episode 8 van Nasie in Gesprek werp die kollig op die Suidelike Halfrond se grootste landbougebeurtenis, die Nampo Oesdagfees wat jaarliks naby Bothaville aangebied word.


Ankeraanbieders van hierdie program Rozanne McKenzie en Theo Vorster klim in 'n gator en neem die kykers op 'n uitstappie by hierdie ongelooflike gebeurtenis.

Sedertdien dit Rozanne se heel eerste keer by Nampo is, en indien jy ook nog nooit hier was nie sal jy haar eerste ervaring ook baie geniet.

Ontdek die stalletjies en uitstallings van alles rakende landbou wêreldwyd.

Ervaar ook die gesig van die plattelandse gasvryheid asook die bekwaamheid en vooruitgang in landbou. Sien die groot monsters en masjinerie wat nie net mooi is nie maar ook propvol hoë tegnologie is, dit sal jou asem wegslaan.

Sien hoekom Rozanne verstom is en hoekom sy ook nie sal vergeet om haar kinders volgende jaar saam te bring om Nampo Oesdag te ervaar nie.

Die program raak ernstig wanneer Theo die hoogtepunte van die reeks besprekings van Nasie in Gesprek by Nampo vir ons uitlig.

Moet nie die eerste van twee episodes oor Nasie in Gesprek by Nampo misloop nie.

Leave A Comment