Nuus Artikel

blog image
18 May
2018

Nasie in Gesprek by Nampo eindig met Ons jeug, Ons Toekoms

Nasie in Gesprek het met ‘n borrellende en lewendige gesprek afgesluit toe die jeug binne landbou bespreek was.


Vasgeanker deur Andile Khumalo het hierdie sessie die kwessies aangevat wat die jeug aanraak asook die geleenthede wat hulle nog nie oorweeg het binne die landboulandskap nie. Paneelgaste soos die landbou-ekonoom en rubriekskrywer Hamlet Hlomendlini, politieke analis Mpumelelo Mkhabela, landbou-ekonoom Wandile Sihlobo, produsent en landbou-aktivis Nono Sekhoto, produsent Anthony Goble en Graan SA se Dirk Strydom het hulle uitkyk op die jeug in landbou met ons gedeel.

“Landbou is vasgevang in passie,” was die woorde van amper al die paneelgaste soos wat hulle vertel het dat dit uiters belangrik is om passievol oor landbou te wees om uiteindelik deel van landbou te wees.

Anthony het die gehoor, wat baie leerlinge van skole en universiteite ingesluit het, daaraan herinner dat daar werksgeleenthede al af met die voedselwaardeketting is.

Die landbousektor gaan verseker verder as om net ‘n produsent te wees. Voedselverwerking, logistiek asook talle ander is almal sektore wat uitstekende werksgeleenthede bied.

Toe hy die vraag gevra is of hy bekommerd was oor grondonteiening sonder vergoeding, het hy gesê dat hy glad nie bekommerd was nie. Omdat die president juis gesê het dat dit nie sal gebeur indien dit ons voedselsekuriteit bedreig nie.”

Die paneel het hulle behoefte vir die regering en landboubesighede om saam te span om landbouopleidingdfasiliteite daar te stel. “Die voormalige landboukollege moet weer heropen word,” sê Mpumelelo. Met verwysing na die grondkwessie het Nono gesê dat dit belangrik is dat “mense weet en verstaan wat die volle impak is om ‘n produsent te wees, alvorens hulle grond ontvang. Anders gaan hulle misluk.”

‘n Blanke leerling van die gehoor het die paneel gevra: “Hoekom kry slegs swartmense werk in die sektor?” Mpumelelo het geantwoord dat dit baie sleg vir hom is om te hoor dat dit hulle ervaring is maar “jongmense moet saamstaan om struikelblokke te oorkom. Vorm vennootskappe met ander, word deel van georganiseerde landbou en hou aan om aan verskillende deure te klop,” het hy gesê.

Die program het ook na struikelblokke gekyk wat die jeug verhinder om die landbousektor te betree terwyl hulle ook die wye vaardighede uitgelig het wat benodig word om te verseker dat voedsel van die plaas tot bo-op die tafel van die verbuiker beland.

En so was die vier dae van Nasie in Gesprek by Nampo Oesdag 2018 afgesluit. Kyk na die volledige gesprek deur www.nasieingesprek.co.za te besoek.

 

Leave A Comment