Nuus Artikel

blog image
12 Sep
2018

Nasie in Gesprek deel van die eerste Nampo Kaap ooit

Nasie in Gesprek, Suid-Afrika se voorste landbougespreksprogram, is trots om deel te wees van die eerste ooit Nampo Kaap, wat vandag by Bredasdorp Park in die Overberg afgeskop het. Nampo Kaap is geskoei op die Nampo Oesdag, wat jaarliks naby Bothaville in die Vrystaat gehou word.


Die landboutentoonstelling word geag as die grootste tentoonstelling op die SA landboukalender en het meer as 80 000 besoekers vanjaar gehad. Graan SA, die organiseerders van die tentoonstelling, hoop dat die Kaapse weergawe 'n soorgelyke aantal besoekers sal trek.


Nasie in Gesprek het die bal aan die rol gesit op dag een van Nampo Kaap met 'n lewendige bespreking oor "Hoe ons nuwe energie in landbou skep", onder leiding van ervare aanbieder Theo Vorster.


Die paneellede was: Senwes Groep HUB en huidige Agbiz Voorsitter, Francois Strydom; Graan SA HUB Jannie de Villiers; Alan Winde, Minister van Ekonomiese Sake in die Wes-Kaap, Chris Burgess, Redakteur van Landbouweekblad en André Uys, HUB van Acorn Agri & Food Groep en Overberg Agri.
Die paneel was dit eens dat "die gety beslis oor die afgelope twee maande gedraai het", volgens Jannie. "Die regering en boere praat met mekaar en luister na mekaar.”


Francois het Jannie se sentimente bevestig en gesê dat “sowat 200 leierboere verlede week met die regering vergader het en dit was die eerste keer wat meeste van die partye mekaar ontmoet het. Hierdie gesprekke het beslis 'n impak op die hele kwessie - die regering se aanvanklike plan om artikel 25 te verander, sal beïnvloed word aangesien hulle nou kennis dra van die implikasies daarvan soos deur die boere aan hulle oorgedra.”


Chris het 'n beroep op die hoofstroommedia gedoen om die positiewe stories, soos by die Bela Bela beraad gedeel, te publiseer.


Kyk die volle bespreking by www.nasieingesprek.co.za en volg die program vir die onderwerpe wat bespreek en lewendig uitgesaai sal word vanaf Nampo Kaap op 13 en 14 September.

Leave A Comment