Nuus Artikel

blog image
10 Jun
2019

Beet word beetgepak op Nasie in Gesprek

Tydens die nuutste episode van Nasie in Gesprek was beet in al sy glorie beetgekry. Dit was met ons besoek aan Brits in die Noordwes provinsie waar hierdie nederige maar tog veelsydige voedselsoort beetgepak is.


Met Brits naby die immergewilde Hartbeespoort en Sun City was daar meer as beet op die spyskaart. O ja! Wat rym met beet? Eet natuurlik. Het jy al byvoorbeeld beetskyfies probeer?

In die kontreisegment besoek ons Hartbeespoort wat aan die hange van die Magaliesberge geleë is. Die dam is verseker die hartklop hier wat elke jaar duisende toeriste lok. Die bestuurder van die Harties Kabelspoor, Iain Gunn vertel ons dat die dam juis vir produsent gebou is. Hier word gaste nog na die lande geneem en dan self die vrugte en groente pluk wat dan later die dag vir hulle voorgesit word. Soos genoem is Brits/Hartbeespoort die hoofpad na Sun City ontspanningsmekka en word dit ook beskryf as die toegangsroete na Botswana. Avontuurlustiges is spesifiek in die laaste drie jaar geteiken waar jy ook kan stap, seiljag en die groot vyf kan besigtig. Die Harties Kabelspoort kry jou ook beet, inderwaardheid word 15 000 besoekers per maand geteiken met die kabelspoor wat tot sowat 500 mense per uur, opwaarts en afwaarts kan vervoer. Die koffiewinkels soos French Toast is uniek tot die streek en gee jou daarmee saam ook ‘n wêreldse gevoel.

Indien jy beet produseer moet jou van dan seker Beetge wees, toe nou nie. Ons besoek Gert Janse van Rensburg op sy plaas Langplaas in Brits. Vir hom is grondgesondheid van onskatbare waarde. Hulle maak van rotasiestelsels gebruik om voeding terug in die grond te plaas. Beet is ‘n perferkte keuse vir die streek omdat die dit goed en vinnig groei in die somer, en die warmer winters as elders dra ook hiertoe by. Hulle kyk ook na goeie insekte soos bye, besies en kewertjies en rakende bye spuit hulle ook eerder in die nag en neem hulle so in ag. Het jy geweet? Daar is honderde miljoene tot miljarde mikro-organismes in een gram grond. G’n wonder Gert plaas so baie fokus op grondgesondheid.

In die In Konteks gedeelte word Salgado’s Quality Foods besoek waar Marco Venter vertel hoe hulle reeds in 2001 met groenteskyfies begin het. Hulle fokus spesifiek op beet-, soetpatats- en botterskorsieskyfies. Het jy ook geweet dat hierdie groente twee dinge oplos: die hoë vlakke van vetsug sowel as die feit dat 40% van die bevolking nie voldoende voeding ontvang nie.

In die ateljee gesels aanbieder Rozanne McKenzie met Marelize Scholts, besturende direkteur van Federated Farmers. Sy vertel dat produsente die geleentheid het om hulle eie handelsmerke te ontwikkel. Op sy beurt gesels Theo Vorster met Lindie Stroebel, algemene bestuurder van die Product Marketing Association in Suidelike Afrika. Hulle het oor prysmeganismes en verkoopskanale gepraat. Sy noem dat vraag en aanbod die prys bepaal, maar sy kyk dieper na die faktore wat vraag en aanbod bepaal. Sy deel markte in drie groepe met die uitvoermark, supermark en varsproduktemark en noem dat elke mark ten volle verstaan moet word. Theo sluit die program af dat jy moet jouself beter posisioneer en die prys regkry, eers dan kry jy die kans om waarde te ontsluit.

Volgende besoek ons Hartswater in die Noord-Kaap waar ‘n herlewing in die katoenbedryf plaasvind. Ons sien ook uit om jou deur die res van die 13-weke lange reeks te lei wat handel oor koring, katoen en pekanneute. Dit word weekliks, elke Donderdagaand om 18:00 op kykNET gebeeldsend, van nou af tot en met 27 Junie 2019.

Vir meer inligting of die volledige skedule van hierdie nuwe reeks besoek asseblief die webtuiste www.nasieingesprek.co.za.

 

Leave A Comment