Nuus Artikel

blog image
21 Jun
2018

Nasie in Gesprek gaan mal oor neute

In hierdie episode kyk ons ‘n bietjie nader na neute, waar en hoe word dit verbou en wat alles om om daarmee te doen. Soos gebruiklik skop die program af met ‘n kykie na slegs van die toeriste-aantreklikhede en hierdie keer besoek die kameras die bekende roete 62, die langste wynroete ter wêreld, wat natuurlik in die Wes-Kaap geleë is.


Mareletta Mundey, Bestuurder: Montagu-Ashton Toerisme deel sommige van hierdié roete se aantreklikhede wat moet besoek word. Daarna word die Amanteco Almandelplaas besoek waar die eienaar, Stephan le Roux sy insette rakende die neutbedryf met ons deel. Daarna word Montagu Dried Fruit & Nuts besoek om te sien hoe word hulle produkte geprosesseer en verpak. Salome Delport sluit by Rozanne in die ateljee aan om te verduidelik hoe neuter van ‘n nisproduk tot ‘n baie gewilde produk by verbuikers gegroei het as gevolg van die produk se gesondheidseienskappe. Terug in die alteljee besoek Lindie Stroebel ons weer ‘n keer waar sy met mede-aanbieder, Theo Vorster gesels rakende die ekonomie agter neutproduksie.

Leave A Comment