Nuus Artikel

blog image
2 Aug
2019

Nasie in Gesprek is terug by Nampo Kaap, 4-6 September 2019

Die landbougemeenskap skud die vere reg vir die tweede jaarlikse Nampo Kaap-landbouskou wat 4 tot 6 September op Bredasdorp Park in die Overberg gehou sal word. En natuurlik sal Suid-Afrika se voorste landbougespreksprogram, Nasie in Gesprek weer - soos verlede jaar - daar wees om besprekings oor brandpunte in landbou aan te bied. Van die sektor se invloedrykste denkleiers sal deel wees van die paneelbesprekings, gefasiliteer deur Theo Vorster.


Nampo Kaap word aangebied deur Graan SA, en dié skou is die susterskou van Nampo Oesdag wat jaarliks in Bothaville in die Vrystaat gehou word.

Ervaar Nasie in Gesprek asof jy in die ateljee sit met regstreekse uitsendings en intydse menings tydens paneelbesprekings. Die toepassing bied jou ook die geleentheid om op hoogte te bly van landbousake met die nuutste persverklarings en inligting rakende uitsaaitye, paneelgaste en onderwerpe. Laai nou die Nasie in Gesprek toepassing af, beskikbaar Apple- en Android-toestelle by http://fwd2.co/app


Program:

Woensdag 4 September, 10:30 – 12:00
Die rol van die private en openbare sektore om ‘n groeiende ekonomie in Suid-Afrika te skep.
Wat is die uitdagings wat voorlê vir die beplande ADA (Agricultural Development Agency) en die Staat se vyf-jaar plan om vennootskappe te skep met die private- en openbare sektor, in samewerking met regeringsinisiatiewe.

Woensdag 4 September, 13:30 – 15:00
Transformasie suksesstories in die Wes-Kaap
Van die eerste suksesvolle transformasie-inisiatiewe het in die Wes-Kaap gebeur. Sluit aan by hierdie gesprek om te hoor hoe dit gedoen is en hoe dit gelei het tot meer suksesstories.

Donderdag 5 September, 10:30 – 12:00
Die graanbedryf, met ‘n fokus op kontantgewasse (koring, kanola, gars, alternatiewe gewasse).
‘n Blik op die graanbedryf in die Kaap. ‘n Omvattende gesprek oor die verskillende graanproduksie-opsies in die Kaap, van beste boerderypraktyke tot marktoegang.

Donderdag 5 September, 13:30 – 15:00
Sekuriteit in die landelike gebiede
Ons probeer om die volle implikasies van die veiligheidsuitdagings wat in die landelike gebiede ervaar word uit te lig. Alles word daardeur geraak, van immigrasie tot infrastruktuur en produksie.

Vrydag 6 September, 10:30 – 12:00
Die wynbedryf, in samewerking met VinPro
‘n In-diepte kyk na die uitdagings en stand van sake van die plaaslike wynbedryf, in samewerking met VinPro – die wynprodusente-organisasie, wat 2 500 wynprodusente, kelders en industriebelanghebbendes verteenwoordig.

Nasie in Gesprek word met trots aangebied in samewerking met ons vennote: - AFGRI, Bayer, JDI, John Deere, Nedbank, Overberg Agri, Senwes, Graan SA en Motus Isuzu.

Vir navrae:

Niel Saayman – niel@brepublic.co.za / 082 549 8494
Ronel Botha – ronel@brepublic.co.za / 082 875 3914
(Brand Republic, vervaardigers van Nasie in Gesprek)

 

Leave A Comment