Nuus Artikel

blog image
7 Jun
2018

Nasie in Gesprek kyk na die Avokadobedryf

“Daar is niks so lekker as ‘n lekker vars geroosterde broodjie met ‘n bietjie Avo op nie, en wat meer is is dat dit propvol goeie vette en vitamienes is.” Dit is hoe die program afskop met Rozanne.


Voor die span die geheime van die Avokadobedryf ontsluit neem die program ons op ‘n reis na al die toeriste-aantreklikhede wat in Limpopo te vinde is wat bekend is vir sy groot bosveld, wild en die natuurlike reënwoude in die Magoebaskloof omgewing.

Mede-anker van die program, Theo Vorster is op die pad om by die HUB van ZZ2, Tommie van Zyl te gaan kuier, op sy plaas in Moeketsie. Hier werp hy lig op net van die uniekhede en verwikkelinge rakende ‘n Avokadoboerdery en hoe om presies te weet wanneer dit ryp is.

Terug in die ateljee sluit Lindie Stroebel van die PMA by ons aan om ‘n ekonomiese perspektief van die Avokadobedryf te skets, beide plaaslik en internasionaal. Produsente sal veral regop sit as hulle weet dat nuwe internasionale markte op die horison is.

Moenie al die onthullings tydens hierdie insiggewende episode oor een van die gesondste vrugte daar buite misloop nie.

Leave A Comment