Nuus Artikel

blog image
3 May
2018

Nasie in Gesprek kyk na die beestewaardeketting

In die episode van Nasie in Gesprek kyk ons presies hoe jou lekker biefstuk op jou bord te lande kom, van die plaas na die winkel en al die stappe tussenin.


Soos gewoonlik skop die program af met die toerisme-insetsel, en hierdie keer kry die kykers ‘n bietjie meer insig oor Kimberley en sy ryk diamanterfenis. Ons ontdek ook waar die grootste populasie van lessor flaminke in Suidelike Afrika hulle tyd spandeer. Daarna besoek ons die Beefmaster plaas naby Christiana sowel as die prosesseringsaanleg in Kimberley. Verskeie verteenwoordigers van hierdie betroubare familiebesigheid deel ook hulle besigheidsbenadering wat ‘n kwaliteit produk vir die verbruiker verseker. Ons kyk na Beefmaster se betrokkenheid in die gemeenskap en die bystand wat hulle aan swart produsente lewer.

Die aanbieder van die program, Rozanne McKenzie praat met Nasie in Gesprek se gereelde besoeker, Ferdie Meyer van BFAP oor die langtermyn effek van die onlangse droogte op die vleisbedryf. Dit terwyl mede-aanbieder, Theo Vorster die program afsluit met ‘n insiggewende gesprek met Dr Michael Bradfield van die Wagyu Vereniging van Suid-Afrika. Bradfield gesels oor die verskil tussen die klassifikasie- en graderingsisteme met betrekkening tot kwaliteit en smaak.

Indien jy ‘n goeie biefstuk geniet wil jy verseker nie hierdie program misloop nie.

Leave A Comment