Nuus Artikel

blog image
9 May
2019

Nasie in Gesprek kyk na die koringbedryf

Baie mense wêreldwyd verwys na koring as die stapelvoedsel. In hierdie episode neem toonaangewende koringprodusent in die Bloemfontein-omgewing, Frikkie van die Merwe ons deur die prosesse in ‘n koringboerdery. Ons maak dan ook ‘n draai by FG La Pasta, ‘n gesofistikeerde pastafabriek in Gauteng..


In die ateljee gesels Jannie de Villiers van Graan SA en Prof Ferdie Meyer van BFAP met ons aanbieders oor die uitdagings en geleenthede wat binne die plaaslike koringbedryf bestaan.

Aanbieders Theo Vorster en Rozanne McKenzie sien uit om jou deur die 13-weke lange reeks oor mielies, rosyntjies, uie, lewende hawe, kwekerye, bosbou, beet, Nampo Oesdag, koring, katoen, pekanneute en situs te lei.

So, moenie ‘n enkele episode van hierdie insiggewende nuwe reeks misloop nie wat elke Donderdagaand om 18:00 op kykNET uitgesaai word, van nou af tot en met 27 Junie 2019.

Vir meer inligting of die volledige skedule van hierdie nuwe reeks besoek asseblief die webtuiste www.nasieingesprek.co.za.

Leave A Comment