Nuus Artikel

blog image
15 Jun
2018

Nasie in Gesprek kyk na die Koringbedryf

Hierdie week werp Nasie in Gesprek die kollig op die koringbedryf en ons volg die proses hoe koring meel word en dan in brood omskep word.


Dit is, soos ons almal weet, die stapelvoedsel die wêreld oor. Maar eers stop die span by die klein dorpie van Christiana om deel te vorm van die jaarlikse Delwersfees. Voormalige Geskiedenisonderwyser, Johan Neethling, vertel ons hoe die dorp ontstaan het in 1870 en wat die ontdekking van diamante daarmee te doen het.

Ons besoek ook Jaco Strauss se koringplaas, Afrgi Milling & Super Sure Bakkery om bietjie insig te verkry rakende koringproduksie en die voedselwaardeketting. Soos gewoonlik sluit Ferdie Meyer by die span aan om lig te werp op al die veranderlikes in die ekonomie van die koringbedryf, beide plaaslik en internasionaal vanuit ‘n verbruiker se oogpunt. Moenie hierdie uitgawe misloop nie.

Leave A Comment