Nuus Artikel

blog image
26 Apr
2018

Nasie in Gesprek kyk na die Melkbedryf

Episode vier werp die kollig op die melkbedryf, en spesifiek melkproduksie wat sowat 3 miljard liter per dag lewer.


Soos gewoonlik kry aanbieders Rozanne en Theo dinge aan die gang met ‘n kykie na die toeriste-aantreklikhede, en die keer gaan die kameras na Henley on Klip en Meyerton vir asemrowende pret en avonture by Basslake Advertures. Eienaar, Alan Pepper verduidelik hoe die ou dolomitiese steengroef al ‘n reputasie opgebou het as een van die beste skubaduik opleidingsfasiliteite.

Terug in die ateljee praat Rozanne met Prof Elain, Bestuurder Korporatiewe Dienste van Clover Mama Afrika Trust. Prof Elain verduidelik hoekom hierdie ongelooflike projek as die beste Korporatiewe Sosiale Investeringsprojek in 2017 aangewys is, ‘n prestasie wat hulle al drie keer ingepalm het.

Daarna gaan die kameras na Juna Melkery naby Henley on Klip waar plaasbestuurder Jurie Hartley ons vertel dat ‘n passie vir diere die wêreld se verskil maak om kwaliteit melk van hulle 700 melkkoeie te produseer.

Ons besoek ook Clover se kaasverwerkingsaanleg in Lichtenburg waar bestuurder, Sarel Swanepoel ons deur die proses van kaasproduksie neem en natuurlik die kwaliteitskontroles wat by die aanleg in plek is.

Terug in die ateljee praat Nasie in Gesprek se gereelde gas, Dr Ferdi Meyer van BFAP met Rozanne oor die feit dat minder melkprodusente meer liters per jaar produseer, die bedryf affekteer.

Mede-aanbieder Theo Vorster sluit die program af met ‘n praatjie met Dr Chris van Dijk, HUB van die Melkprodusente Organisasie van Suid-Afrika, wat verduidelik hoekom die melkbedryf wisselvallig is, asook die faktore wat aanleiding daartoe gee.

Moenie hierdie interessante en insiggewende kykie na die produksie van melk in Suid-Afrika misloop nie.

Leave A Comment