Nuus Artikel

blog image
19 Apr
2018

Nasie in Gesprek kyk na die Varkbedryf

Ons almal den die bekende ou Engelse kinderrympie, hierdie klein varkie het na die mark gegaan, hierdie klein varkie het by die huis gebly…


So gaan die rympie waarmee ons grootgeword het. In die derde episode van die nuwe seisoen van Nasie in Gesprek kyk ons presies na wat jy moet kyk om te verseker dat jou varkies gesond, gelukkig en markgereed is om ‘n winsgewende besigheid te verseker.

Aanbieder van die program, Theo Vorster praat met HUB van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, Johan Kotze en die organisasie se James Jenkins wat ‘n insiggewende prentjie van die bedryf skets, veral die rol wat arbeid in die varkvoedsel-waardeketting speel. Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-Organisasie deel ook hulle inisiatiewe op die gebied van ontwikkelende produsente in die varkbedryf.

Ankeraanbieder in die ateljee, Rozanne McKenzie kry sake aan die rol met ‘n kykie na van die toeristeaantreklikhede in Parys alvorens die Afridome besoek word, inderdaad die tuiste van die area se toonaangewende landbou ekspo. Ons besoek ook CP Kriek van Taaibosch plase wat sy resep vir ‘n suksesvolle varkboerdery met ons deel.
En soos ons almal weet is die sukses in die smaak, so is ons oppad na die Heidelberg Eskortaanleg en gesels met Melindi Wyma, die Tegniese Bestuurder van die Groep, wat ons deur die hele proses neem hoe ‘n gesonde vark as lekker spek, worsie of ribbetjies asook ander produkte bedien word.

Die Buro vir Voedselsekerheid se Ferdie Meyer is terug in die ateljee om die huidige sowel as toekoms van die varkbedryf te deel, wat nogal goed vertoon. Moenie hierdie insiggewende episode van Nasie in Gesprek misloop nie om alles oor die Suid-Afrikaanse Varkbedryf te wete te kom.

Leave A Comment