Nuus Artikel

blog image
14 May
2019

Nasie in Gesprek kyk na Politieke Perspektiewe Na Die Verkiesing

Dinsdag 14 Mei 2019, Sessie 2: Die tweede sessie op die eerste dag van Nampo Oesdag in Bothaville in die Vrystaat was verseker een om nie mis te loop nie. Gaan besoek sommer nou die webtuiste by www.nasieingesprek.co.za om na die regstreekse opname te kyk.


Die anker Theo Vorster met paneellede Roelf Meyer direkteur van In Transformation Initiative; Konanani Liphatzi, uitvoerende hoof van Fruit South Africa; Theo Venter, politieke ontleder van Noordwes Universiteit asook Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad.

In die gees van die gesprek is die konsensus dat Suid-Afrikaners ‘n gemeenskaplike uitkyk moet hê oor die soort Suid-Afrika hulle wil hê, en dat alle landsburgers, ongeag ras, geslag of ouderdom, saam na dieselfde doelwit moet streef.

Theo Venter het genoem dat die afgelope verkiesing sekere tendense uitgelig het, soos “lojaliteit en pramatisme, daar was baie min steun vir die ‘snaakse en narpartye’,” het Theo gesê. Hy het ook gesê dat die geskiedenis al aangedui en bewys het dat stemtendense oor generasies heen skuif en dat hierdie verkiesing beslis aangedui het dat ‘n nuwe generasie die verkiesing beïnvloed het, 25 jaar na demokrasie. Chris het bygevoeg dat die ANC genoeg steun verloor het om twee keer te dink, ook om steeds genoeg stemme te kry om ‘n mandaat te hê.

Konanani Liphatzi het die punt gemaak om vir Theo Vorster te bedank om haar by die paneel te betrek deur te sê: “Omdat ek verseker vir twee redes uitstaan.” Met betrekking op die toekoms van landbou het sy genoem dat “ons moet beleid-onsekerheid soos die grondkwessie aandag gee. Ons moet dit hanteer sodat produsente toegang tot finansiering en markte kan kry. Die standaard vir kommersieȅle produsente en nuwe produsente moet dieselfde wees, hoewel die vlak van ondersteuning vir nuwe produsente moet verskil.”

Chris se punt oor die regering se verbintenis tot landbou is dat die “strategie en planne na die gemeenskapsvlak deurgegee moet word, waar die gemeenskap besluit presies wat vir hulle werk en wat nie. ‘n Oplossing in een dorp, of vir een kommoditeit is nie noodwendig dieselfde vir alle landelike gemeenskappe en kommoditeite nie.”

Uit die gehoor se deelname het hierdie uitsending van Nasie in Gesprek reuse verskeidenheid gehad, van ‘n voormalige polisiegeneraal wat genoem het dat die foute van die verlede nie herhaal moet word nie “soos toe die vorige regering trokke vol mense na ander grond geneem het en die swart mense op daardie grond met geweld verwyder het en hulle elders gaan aflaai het,” tot ‘n voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur wat sy ervaring van internasionale stemtendense gedeel het. Die koms van sosiale media en die invloed daarvan op die sogenaamde nuwe millennium-generasie se houding teenoor politiek en die stemproses is ook bespreek.

Roelf Meyer het ook die punt gemaak dat “in 2017 het ek ‘n gesprek, agter die skerms, tydens ‘n opname van Nasie in Gesprek, met Chris Burgess gehad het oor die situasie in die land waar beide van ons baie negatief oor die toekoms was. Nou kan ek eerlikwaar sê dat ek hoopvol en baie positief oor die toekoms is.”

Beide Theo en Konanani het genoem dat kiesers die party waarvoor hulle gestem het verantwoordbaar moet hou. Theo noem: “Cyril Ramaphosa het twee groot dinge beloof, om die ekonomie te groei en om die ANC reg te ruk en ons moet hom verantwoordbaar hou.”

Vir ‘n kort en op die man af, asook insiggewende program rakende sommige van die leiers in landbou se denkrigting en politieke sienings, moet nie dié opname van Nasie in Gesprek, veral die Vrae-en-Antwoordsessie misloop nie.

Besoek www.nasieingesprek.co.za vir die volledige uitsaaiskedule.

 

Leave A Comment