Nuus Artikel

blog image
5 Sep
2019

Nasie in Gesprek ondersoek sekuriteitskwessies in landelike gebiede

Die tweede sessie op dag 2 van Nasie in Gesprek tydens Nampo Kaap het gefokus op die volle impak van sekuriteitskwessies waarmee landelike gemeenskappe worstel, van immigrasie tot infrastruktuur en produksie.


Nasie in Gesprek-anker, Theo Vorster was vergesel deur Jannie Strydom (Hoof Uitvoerende Beampte van Agri Wes-Kaap), Reinard Geldenhuys (Overberg Rampbestuur), Pieter Albertyn (plaaslike produsent), Uys van der Westhuizen (plaaslike veiligheidskenner), en Gary McKay Uitvoerende Hoof Fidelity.

Pieter Albertyn het afgeskop met die stelling dat die huidige planne van produsente reaktief van aard is. “Ons moet baie meer proaktief wees in die identifisering van moontlike risiko-areas. Dit verg ‘n kopskuif vanaf reaktiewe planne”. Gary McKay is van mening dat boere sedert 1870 nie meer met mekaar praat nie. “Binne die gemeenskappe praat hulle wel, maar die kommunikasie/inligting kring nie wyer uit as dié nabye en omliggende gemeenskap nie. “As daar ‘n plaasaanval is, dan sien jy hoe lewe die WhatsApp-groepe en dan wil almal optree en planne beraam. Ongelukkig is dit nog net baie praat en het ons in die Overberg-area nog nie genoeg gebloei om paraat te wees teenoor landelike veiligheid nie”, was Pieter Albertyn se mening.

Vir Uys van der Westhuizen is landelike veiligheid baie meer as net die bekamping van misdaad. “Landelike veiligheid moet inklusief wees waar almal in ‘n omgewing (soos sosiale maatskaplike dienste, korrektiewe dienste, munisipaliteite, sakegemeenskappe, ens.). ingesluit word. Reinard Geldenhuys het bygevoeg dat landelike veiligheid nie oor die persoon met die grootste geweer gaan nie. “Jy moet die inligting en sisteme in plek hê sodat jy weet voor die persoon langs jou bed staan, hy is op pad, dat jy gereed kan wees”. Jannie Strydom het gestel dat hy graag wil sien dat die silo’s in terme van die kommunikasiesisteme in die provinsie met mekaar geïntegreer word sodat almal op een sisteem en een plan kan saamwerk.

Die gesprek het afgesluit met die stelling dat intelligensie die fondasie van alles is. Sonder inligting kan jy nie besluite neem nie. Verder begin landelike veiligheid eerstens by die individu, dan die gesin, dan die werkers en hulle gesinne. Almal is deel van die pakkie en kan help met die bekamping. Laastens sal almal op dieselfde inligtingstelsels en sisteme moet wees sodat die stelsels kan integreer.

Om dié gesprek weer te kyk of vir meer inligting rakende Nasie in Gesprek besoek gerus www.nasieingesprek.co.za. Laai ook die Nasie in Gesprek toep af en ervaar Nasie in Gesprek asof jy in die ateljee sit. http://fwd2.co/app

 

Comments

generic cialis
I visit everyday some web pages and blogs to read content, however this blog gives feature based posts.
11/8/2019 7:27:44 PM

Leave A Comment