Nuus Artikel

blog image
14 Sep
2018

Nasie in Gesprek sluit af met jeugfokus op die laaste dag van die eerste Nampo Kaap

Nasie in Gesprek het sy lewendige opnames by die eerste Nampo Kaap afgesluit met 'n fokus op die jeug in landbou.


Gasheer Theo Vorster het 'n lewendige paneelbespreking gelei met lede wat die volgende ingesluit het: André Latsky, Hoof van Oakdale Landbouskool; Dr Dirk Strydom, Hoof van Graanekonomie en Bemarking by Graan SA; Rian Joubert, Finansiële Direkteur van JDI; John Hudson, Hoof van Nedbank Agri-Dienste en Jackie van der Poll van Leeuwendrift Plaas.

Theo het die bespreking ingelui deur hulde te bring aan Nampo Kaap en die sukses daarvan en die punt gemaak dat "Nasie in Gesprek hier is om te bly (by Namp Kaap). Ongeag die koue en wind, was die gees van die skou fenomenaal en volgens die organiseerders is die verwagte bywoningsyfer van 10 000 mense ver oorskry".

Terug na die onderwerp van bespreking - Jackie het 'n storie gedeel met betrekking tot haar seun, wat so pas matriek geslaag het. "Hy was altyd so passievol oor boerdery en het toe skielik belangstelling verloor. Ek dink dit is omdat landbou nie goed bemark word aan die jeug as 'n bedryf met werksgeleenthede nie.”

André het egter nie met Jackie se standpunt saamgestem nie en die volgende gesê: "Die aantal graad 8 leerders by ons skool het die afgelope 5-6 jaar verdubbel en 'n geweldige passie vir landbou is te bespeur onder leerders." Hy het bygevoeg dat leerders van regoor die land die skool bywoon, insluitend vanaf Namibië.

Dirk het die punt gemaak dat landbou steeds die beeld het van vuil werk op 'n plaas, terwyl die waarheid is dat "landbou 'n hoë-tegnologie en besigheidsgedrewe beroep geword het. Landbou het 'n lang en opwindende waardeketting met baie werksgeleenthede, nie net op die plaas nie.”

Rian het die paneel herinner dat die rede waarom daar op die jeug in landbou gefokus word, is omdat een van die land se grootste uitdagings werkloosheid is. "Ons moet die jeug bewus maak van die werksgeleenthede regdeur die voedselwaardeketting ".

John het met Rian saamgestem en die volgende bygevoeg: “Daar is 'n bewustheid van landbou op die platteland. 90% van alle stadsbewoners het egter 'n vals persepsie oor landbou.”

Jackie het daarna verwys dat sy 'n klein toerismebesigheid op haar plaas bedryf en "dit is ongelooflik om te besef dat van die mense wat die plaastoer meemaak, nog nooit naby byvoorbeeld 'n lewendige skaap was nie.”

Om in te skakel by hierdie interessante en leersame gesprek, besoek die Nasie in Gesprek webtuiste by www.nationinconversation.co.za en kyk die volledige program.

Leave A Comment