Nuus Artikel

blog image
31 May
2018

Nasie in Gesprek – Tweede deel van Nampo Hoogtepunte

Programaanbieder Rozanne McKenzie gaan voort met haar toer van Nampo 2018 en word nogsteeds verstom deur die massiewe omvang daarvan en alles wat daar is om te doen!


“Enigeen wat nog nooit die Suid-Afrikaanse Landbou in aksie gesien het nie moet asseblief planne maak om dit by te woon, betyds vir Nampo 2019,” sê Rozanne. 

Terug in die ateljee praat mede-aanbieder, Theo Vorster met die Bestuurder van Graanekonomie en Bemarking by Graan SA, Dirk Strydom wat die kykers ‘n bietjie meer perspektief gee oor die grootste Internasionale Landbouskou in die Suidelike Halfrond. “Dit sluit in meer as 750 uitstallers, 400 vliegtuie wat daar land en meer as 80 000 mense wat die Oesdag oor vier dae bywoon,” sê Dirk.

Die volgende deel van die program fokus op hoogtepunte van die lewendige opnames van Nasie in Gesprek by Nampo. Ons kyk na die skaal van boerdery, vroue in landbou asook die rol van bestaanboerderye in die waardeketting.

Moet dit nie misloop nie.

Leave A Comment