Nuus Artikel

blog image
15 May
2019

Nasie in Gesprek vra of dit die moeite werd is om te wag vir die ADA

Tydens die eerste sessie van Nasie in Gesprek op dag twee van Nampo Oesdag was ‘n uitgesoekte geselskap op die paneel om die aard van die voorgestelde ADA (Agricultural Development Agency), oftewel die Landbou-Onwikkelingsagentskap te bespreek.


Die gesprek was deur Leona Archary gelei met ‘n paneel bestaande uit Malcolm Ferguson (Afgetrede Ambassadeur en ITI-konsultant), Peter Setou (Hoof Uitvoerende Beampte van Vumelana Advisory Fund), Aggrey Mahanjana (Groep Besturende Direkteur van NERPO) asook Brenda Tlhabane (Voorsitter van die Kommoditeitskomitee) en Chris Venter (HUB van Afgri).

Die uitkoms van die gesprek was dat die ADA is basies ‘n vennootskap tussen die privaatsektor en die regering. Finansies vir die ADA sal van beide die plaaslike asook internasionale besigheidbelange afkomstig wees, maar Brenda het die punt gemaak dat “indien die agentskap nie die behoeftes van die kwesbare produsent aanspreek nie, sal dit nie effektief wees nie.”

Malcolm het sy ervaring as ambassadeur gedeel deur te sê: “die skepping van ‘n onafhanklike landbou-agentskap is suksesvol gedemonstreer” in ander lande waar daar insidente was soos ‘n burgerlike oorlog waar die landbou-sektor nie meer gefunksioneer het nie.

Aggrey het genoem dat die voorgestelde ADA rakende vennootskappe “was verseker die regting om in te skiet.” Maar die grootste probleem oor die afgelope 10 tot 15 jaar is ‘n ongekoördineerde benadering deur verskeie regeringsdepartemente.”

Chris het ons herinner dat die doelwit van enige boer, ongeag skaal, moet wees om op ‘n volhoubare manier ‘n winsgewende besigheid te bedryf. “Ons moet die regte besigheidsfilosofie implementeer.”

Peter het die punt gemaak dat “dit belangrik vir ons is om ‘n tree terug te gee en te kyk na dit wat nie gewerk het rakende die grondhervormingsproses en om nie dieselfde foute te herhaal nie.” Rakende ‘n tydsraamwerk vir die ADA was Malcolm gedruk om ‘n antwoord te verskaf: “Om te groot beloftes te maak en te min doelwitte te bereik, kan ons handelsmerk skade ly, maar die regering het ons baie streng uiteengesette tydsraamwerk gegee, so hou hierdie spasie dop.”

Om voor te bly met hierdie opwindende ontwikkeling, gaan kyk na die volledige gesprek by www.nasieingesprek.co.za.

Leave A Comment