Nuus Artikel

blog image
26 Aug
2019

Nedbank beskou oplossings vir die landbousektor deur Nasie in Gesprek by Nampo Kaap

Afrika se grootste landboubyeenkoms, Nampo, vind hierdie week in die Wes-Kaap plaas en Nedbank is weer eens die trotste borg van die baanbrekersdialoog, Nasie in Gesprek, wat die uitdagings en innoverende oplossings in die boerderysektor onder die kollig plaas.


Nampo, wat uit ’n beskeie ontstaan in Bothaville in die Vrystaat gegroei het tot een van die vasteland se sleutellandboubyeenkomste, sal van 3 tot 6 September in Bredasdorp plaasvind, waar Nedbank Versekeringsmaatskappy ’n aantal sleutelitems op die agenda sal plaas, waaronder transformasiesuksesverhale, uitdagings vir die Agribusiness Development Agency (ADA), staatsplanne om met die privaat sektor in vennootskap te tree en kwessies wat die plaaslike wynbedryf in die gesig staar.

‘Nasie in Gesprek word allerweë as die 'stem' van die produsent en sy sleutelvennote in die landbouvoedselketting beskou. Bedryfsleiers, staatsbeamptes en sleutelrolspelers sal in hierdie dialoë oor die toekoms van die landbousektor, asook die belang daarvan vir die ekonomie, debatteer. Ons is geëerd om deel te wees van Nampo, wat sy teenwoordigheid na die Wes-Kaap uitbrei en weer eens deur Nasie in Gesprek verskeie sleutelbelanghebbers in dialoog bymekaar sal bring,’ sê John Hudson, die hoof van Landbou by Nedbank.

‘Nedbank verstaan die behoeftes van die landboubedryf en het innoverende oplossings ontwikkel wat op die uitbreiding van die bedrywighede van die boerderysektor gerig is. Geleenthede soos Nasie in Gesprek lig die uitdagings uit en help ons om deur inspirerende verhale van boere robuuste oplossings te vind en te deel,’ sê Hudson.

Vir meer inligting oor Nasie in Gesprek besoek www.nasieingesprek.co.za. Om met ons span kundiges by Nampo Kaap te gesels, skakel Edwin Naidu by Nedbank Bemarkingskommunikasie by 071 111 0505, of stuur vir hom ’n e-pos by edwinn@nedbank.co.za.

Leave A Comment