Nuus Artikel

blog image
13 May
2019

Nedbank gretig om Nampo-landbousektorgesprek deur Nasie in Gesprek aan te spoor

Klerksdorp, Maandag, 13 Mei 2019 – Nedbank is weer eens trots om sy stem te voeg by die voorste Nampo 2019-byeenkoms, waar innoverings in die landbousektor ten toon gestel sal word en uitdagings en moontlike oplossings vir landbou aandag sal geniet.


Nampo 2019 skop af met 'n persbekendstelling in Klerksdorp, Noordwes op Maandag, 13 Mei, en die formele uitstalling begin op Dinsdag, 14 Mei en eindig op Vrydag, 17 Mei, in Bothaville, Vrystaat. Nedbank gaan voort met sy borgskap van hierdie geleentheid en dit sluit die baanbrekersdialoog, Nasie in Gesprek, in.

As die grootste landbou-uitstalling in Afrika, lok Nampo elke jaar meer as 70 000 besoekers, met byna 800 uitstallers wat die jongste in landbou-oplossings en tegnologie ten toon stel.

Gerespekteerde voormalige politikus Roelf Meyer sal die verrigtinge aan die gang sit met 'n interessante bespreking oor landbou as 'n globale onderneming, en waar Suid-Afrika tans staan. Hy sal ook aandag gee aan geleenthede vir plaaslike produsente om hulle landbouprodukte oorsee te neem. Die paneel sal Francois Strydom (Groep Hoof Uitvoerende Beampte, Senwes), Mpumi Mpofu (Direkteur-generaal, Departement van Beplanning, Monitering en Evaluasie), John Purchase (Hoof Uitvoerende Beampte, Agbiz), Lambert Botha (Voorsitter, Hilton Lambert, Handelsregpraktisyns), en Nick Serfontein (Voorsitter, Sernick Groep) insluit.

Nedbank is opgewonde om deel te wees van Nasie in Gesprek, wat algemeen as die 'stem' van produsente en steutelvennote in landbou beskou word. Landbou is die hartklop van ons ekonomie, en Nedbank heg groot waarde aan die produsent en die sekondêre landbousakegemeenskap. 'Ons is daartoe verbind om alle rolspelers in landbou te ondersteun, en om ons finansiële kundigheid te deel en 'n verskil te maak met die bevordering van winsgewende, volhoubare praktyke in die hele landbouproduksie- en verbruikswaardeketting,' sê John Hudson, Nedbank Nasionale Hoof van Landbou.

Onderwerpe wat tydens Nampo bespreek gaan word, sluit in openbare-privaat vennootskappe gemik op ekonomiese groei, politieke perspektiewe ná die verkiesing, ondersteuning en befondsing van 'n ontwikkelende landboubedryf, asook tegnologie en befondsing.
'Ons glo dat platforms soos Nasie in Gesprek noodsaaklik is om te verseker dat ons met ingeligte en volhoubare oplossings vorendag kom vir die uitdagings wat die landbousektor in die gesig staar,' sê Hudson ten slotte.

Vir meer inligting oor Nasie in Gesprek besoek www.nasieingesprek.co.za.

Om met Nedbank se span kundiges by Nampo 2019 te gesels, skakel Edwin Naidu (Nedbank Groepkommunikasie) by 071 111 0505 of stuur 'n e-pos aan hom by edwinn@nedbank.co.za.

Ontmoet Nedbank se agrikundiges

Drie Nedbank Landbou-afdelingsbestuurders, wat almal spesialiste in agribesigheid is, sal by die Nedbank-stalletjie by Nampo wees, en hulle sien uit daarna om jou te ontmoet.

John Hudson
Nedbank Nasionale Hoof: Landbou (KwaZulu-Natal, Oos-Kaap, Noord-Kaap en Vrystaat)

John het in KwaZulu-Natal grootgeword en aan die voormalige Universiteit van Natal (Pietermaritzburg) gegradueer met 'n honeursgraag in Landboubestuur, met Landbouekonomie en Landbouproduksie as hoofvakke. John is sedert 1991 by landboufinansiering betrokke, en het in September 2010 by Nedbank aangesluit. 'Die afgelope ses jaar het ons gespesialiseerde landbouspanne in ons provinsies gevestig, en die groei in ons agrikliëntebasis is 'n ongelooflike inspirasie. Landbou is noodsaaklik vir die ontwikkeling van ons land, veral vir die ontwikkeling van die landelike ekonomie. Deur finansiële oplossings vir ons boere en agribesighede te struktureer kan ons soveel potensiaal ontsluit en voortbou aan dit wat reeds behaal is. Dit is wat landboufinansiering spesiaal maak – dit het die vermoë om 'n werklike en betekenisvolle verskil aan so baie mense se lewens te maak'.

Daneel Rossouw
Nedbank Landbou-afdelingsbestuurder: Wes-Kaap

Daneel het 'n BAgric-graad van die Universiteit Stellenbosch, met Landbouekonomie as hoofvak en 'n fokus op wyn- en tafeldruiweproduksie. Hy het in 2011 by Nedbank aangesluit met 21 jaar se ondervinding in landboubanksake. 'Ek het 'n boerderyagtergrond – ek het dus nog altyd 'n passie vir landboufinansiering, nes my pa. Hy het by Land Bank gewerk,' sê Daneel. 'Om by Nedbank aan te sluit was ongelooflik motiverend. Dit het my die geleentheid gegun om te deel in die skepping en leiding van ons agrispesifieke fokus, wat oor die laaste paar jaar soveel gegroei het. Boerdery is baie kompleks, en buiten dit is boere besigheidsmense wat in die landboubedryf werk. Ek geniet dit terdeë om met boere te gesels oor hulle uitkyk ten opsigte van landbou, en hoe hulle altyd daarin slaag om oplossings vir hulle uitdagings te vind. Hulle is innoverend, proaktief en dis net wonderlik om regte waarde aan hulle besighede toe te voeg.'

Cobus de Bruyn
Nedbank Landbou-afdelingsbestuurder: Gauteng, Noordwes, Mpumalanga en Limpopo

Cobus het 'n BSc Agric-honneursgraad van die Universiteit van Pretoria, met Landbouekonomie as hoofvak. Hy het in 2010 by Nedbank aangesluit met 12 jaar se ondervinding in banksake in die handel- asook die landbousektor. 'My pa het 'n plaas in Marble Hall gehad, en my belangstelling in landbou en landboufinansiering het daar begin. Deur Nedbank se oorkoepelende benadering tot banksake, kyk ons anders na geld en praat ons met ons kliënte om seker te maak dat ons ons ondervinding en insig inspan om hulle van die regte oplossings te voorsien. Ons verstaan die risiko's asook die geleenthede van die sektor, en het aansienlike kundigheid in die landbou-uitvoerbedryf. Wat boerdery so aanloklik maak, is die feit dat dit letterlik 'n lewendige, groeiende bedryf is, waar jy kan sien hoe saad opkom en kalfies gebore word, en waar jy die natuur van naderby kan beleef. Ons sien uit na ons nuwe AgriSA-lidmaatskap, waar ons hande vat met AgriSA om elke geleentheid ten volle te benut en elke uitdaging aan te pak wat vir landbou in Suid-Afrika belangrik is.

Ends. 

 

Leave A Comment