Nuus Artikel

blog image
15 Apr
2019

Rosyne gaan op in die wêreld by Upington

Gedink rosyntjies se mark bestaan slegs uit pakkies rosyntjies wat in kettingwinkels verkoop word? Wel, dit is die kleinste deel van dié mark wat jou verseker sal laat regop sit.


Suid-Afrikaanse rosyntjies is van die beste ter wêreld en in hierdie tweede episode van die nuwe seisoen van die Nasie in Gesprekreeks waar aanbieders, Theo Vorster en Rozanne McKenzie gisteraand op kykNet in Upington in die Noord-Kaap gaan inloer het.
Vanessa van Wyk, Bestuurder: Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme vertel in die kontreigedeelte dat Upington oorspronklik as ‘n sendingstasie totstand gekom het en “die Oranjerivier vloei soos ‘n lint deur Upington,” en dit is juis as gevolg van dit dat dié deel van die Kalahari as die Groen Kalahari bekend staan. So is die rivier nie net ‘n bron van water nie maar ook uiters belangrik vir die landbou- en toerismebedryf hier.

Assessor by die Toerismegraderingsraad, Enrico Mapanka gesels vanuit die Kalahari Oranjemuseum en noem dat die donkie kardinaal was in die groei van Upington. Hier is verskeie toeriste-aantreklikhede soos die kameelpolisiestasie, Upington 26 met die Augrabies Watervalle en Riemvasmaak ook in die omgewing.

Ons gaan loer ook in by die Tanien Krokodilplaas waar eienaar Rooies Strauss vertel dat hulle een van slegs twee krokodilplase in die omgewing is. In die program word Carpe Diem Groep se rosyntjieparadys besoek en Besturende Direkteur, Gog van der Colff, noem dat daar baie groei in die rosyntjiebedryf te siene. Hulle produseer ook tafeldruiwe en pekanneute. Die produkte is organies gesertifiseer dit bied geweldige toegang tot ‘n groot mark vir jou. As gevolg van die hoë kwaliteit voer hulle 95% van hul produkte uit en verskaf ook aan Woolworths, Cadbury’s en Chipkins. Indrukwekkend en trots Suid-Afrikaans!

Het jy geweet dat 90% van rosyntjies in Suid-Afrika kom uit die Benede-Oranjeriviergebied en dat vier ton druiwe benodig word om 1 ton rosyntjies te produseer. Wel mens leer elke dag iets nuuts.

So wanneer jy weer bak en brou, graankosse verorber, sjokoladestafies eet, dink bietjie aan die geweldige potensiaal wat rosyntjies het. En met deesdae se dryf na meer gesonde opsies is rosyntjies beslis jou voorland.

Mede-aanbieder Rozanne neem rosyntjies na ‘n ander vlak soos sy met Ferdie Botha, Hoofbestuurder van Rosyntjies Suid-Afrika gesels. Hy noem dat die uitstaanfeite van rosyntjies is dat dit ‘n natuurlike produk is en dan boonop geen preserveermiddels het nie. Daarby is dit ‘n niebederfbare produk en bykomend nog baie gesond ook. Hy wil graag die regering en skole by die rosyntjiebedryf betrek. Hy noem rosyntjies is ook in ander produkte soos verskeie gebak, disse, vrugtemensels en neutprodukte.

Van markte gepraat. Theo Vorster en Lindie Stroebel van die PMA (Produce Marketing Association) takel markte en Europa behels 53% van die verbruikersmark en die Verenigde Koningkryk sowat 25%. In teenstelling net 1% in Asië. Daar is dus beslis potensiaal vir uitbreiding, veral in Asië maar daar lê baie harde werk voor waar die regte spesifikasies en kultivars vir hierdie mark geproduseer moet word.

So indien jy hierdie tweede episode misgeloop het kan jy na die herhalings op kykNET kyk, Vrydae om 13:00, Saterdae om 17:30, Sondae om 17:00, Dinsdae om 16:30 en Woensdae om 14:00. En moet ook nie die volgende 11 weke van die 13-weke lange reeks oor uie, lewende hawe, kwekerye, bosbou, beet, Nampo Oesdag, koring, katoen, pekanneute en sitrus misloop nie.

Weekliks, elke Donderdagaand om 18:00 op kykNET, van nou af tot en met 27 Junie 2019. Vir meer inligting of die volledige skedule van hierdie nuwe reeks besoek asseblief die webtuiste www.nasieingesprek.co.za.

 

Leave A Comment