Nuus Artikel

blog image
14 Aug
2019

Senwes bedien van plaashek tot meuldeur

Die Senwes Groep bedien al vir meer as 110 jaar die landbou- en voedselsektor. Dié diensaanbod het oor 110 jaar uitgebrei met innoverende oplossings tot die geïntegreerde sakemodel waarop Senwes vandag steun om 'n betekenisvolle bydrae tot voedselsekuriteit in Suid-Afrika te maak.


Die ontstaan van Nasie in Gesprek
In 2013 het Senwes tydens die jaarlikse Nampo Oesdag nuwe grond gebreek met die Senwes Toekomsfokus gespreksforum, waar aktuele landbousake deur kenners van verskeie bedrywe, in die vorm van ʼn paneelbespreking, aangebied is. Dié inisiatief het dadelik byval gevind en in 2014 is Nasie in Gesprek in die lewe geroep. Sedertdien is Senwes ‘n trotse borg van Nasie in Gesprek, Suid-Afrika se voorste landbougespreksforum.

Meer oor Senwes
Senwes se groep van maatskappye rus op drie pilare – finansiële en tegniese dienste, insetverskaffing en marktoegang. Die maatskappy se hoofbesigheidseenhede is bekend as Senwes Credit, Senwes Equipment en Senwes Grainlink.

Senwes Credit bied ’n reeks eiesoortige en doeltreffende finansiële produkte aan produsente, soos produksielenings, maandrekeninge, langtermynkredietreëlings en huurkooptransaksies. Senwes Credit tref ook finansiële reëlings met afnemers van graan om oorbruggingsfinansiering te verskaf vir die bedryfskoste van hul ondernemings. Senwes Credit verskaf verder gespesialiseerde landbou-ekonomiese dienste soos uitvoerbaarheid- en lewensvatbaarheidstudies, finansiële plaasbestuursprogramme, prestasie- en tegniese ontledings en vergelykings.

Senwes Equipment is ’n landboutoerusting- en dienstevennoot wat meganisasie- en instandhoudingsoplossings bied. Die besigheidseenheid is ook die eksklusiewe John Deere-agent in die sentrale deel van Suid-Afrika. Senwes Equipment staan produsente by met oplossingsgedrewe dienste om hul wins te verhoog en hul produksiekoste so laag as moontlik te hou.

Senwes Grainlink spesialiseer in die hantering en opberging van graan en oliesade en is geposisioneer tussen die produsent en die afnemer. Dié afdeling hanteer graan op ’n gesentraliseerde basis, hoewel die verkrygingsaksie gedesentraliseer is. Danksy produsentspesifieke kontrakte en verhandelingsoplossings kan die produsent sy oes optimaliseer vanweë die beskikbaarheid van uitgebreide prysbepalingsprodukte en -strategieë.

Die maatskappy se wortels is stewig in die landbou geanker en daar word hard gewerk aan volhoubare oplossings vir klante, wat die hart van die maatskappy
simboliseer.

 

 

Leave A Comment