Nuus Artikel

blog image
17 May
2018

Sonneblomme en Sojabone op Nasie in Gesprek

Episode 7 van die huidige seisoen van Nasie in Gesprek neem die kykers op ‘n reis na die ongelooflike wêreld van sonneblom- en sojaboonboerdery en die prosessering daarvan.


Die program skop soos altyd af met ‘n kykie na van die toeriste-aantreklikhede in die dorpie van Bothaville wat wêreldberoemd is omdat hulle naby die hartklop van Nampo Oesdag is, die voorloper gebeurtenis op die landboukalender. Arnold Steyn, die HUB van Bernard Rabe se plaas, vertel ons meer oor hoe hy landboubewaringspraktyke gebruik om sonneblom en sojabone te produseer. Bernard werp ook ‘n bietjie lig op net van die uitdagings wat die sonneblom- en sojaboonprodusente in Suid-Afrika in die gesig staar.

Terug in die ateljee praat aanbieder van die program Rozanne McKenzie met Ferdie Meyer van BFAP oor die dinamika van groente-olie mark in ons land.

Die episode eindig met mede-aanbieder Theo Vorster wat in gesprek tree met Senwes Groep HUB, Francois Strydom wat vir ons ‘n prentjie skets oor die wêreldwye asook plaaslike sagtekommoditeitsmark en waar sonneblom en sojabone daar binne inpas.

Francois maak ook die stelling dat daar “hopeloos te veel voedsel in die wêreld is.” Kyk na hierdie episode om te hoor hoe hy sy stelling regverdig.

Leave A Comment