Nuus Artikel

blog image
16 May
2019

Water: ‘n Kritieke Kommoditeit

Donderdag 16 Mei 2019, Sessie 2: Donderdag se tweede sessie van Nasie in Gesprek het op water gefokus, wat as ‘n kritieke kommoditeit beskou word. Die gesprek is regstreeks via die internet gebeeldsend tydens die derde dag van die grootste landbou-saamtrek van sy soort in die suidelike halfrond, die NAMPO Oesdag naby Bothaville in die Vrystaat.


Theo Vorster het die sessie gelei met die paneellede Francois Strydom, groep uitvoerende hoof van Senwes; Fred Platt, uitvoerende hoof van die Accentuate Groep van Maatskappye; Benoit le Roy, uitvoerende hoof van Water Shortage South Africa; asook Mike Sutcliffe, direkteur van City Insight.

Francois het die gesprek aan die gang gekry deur te sê dat nie almal water op dieselfde manier beskou nie, ‘n stelling wat hy later verduidelik het. Benoit het later uitgewy op Francois se punt deur te noem dat watergebruik in landbou, teenoor die gewig in terme van die bydrae tot die BBP, nie korrek is nie. Sy verduidelliking van hierdie feit het die gehoor die ene ore gehad.

Mike het almal se aandag aangegryp deur te sê dat oor die volgende 12 jaar sal Suid-Afrika ‘n jaarlikse watertekort van 3 500 miljoen kubieke meter ervaar.

Francois het bygevoeg dat ons in Suid-Afrika van een krisis na ‘n ander struikel en dat die volgende groot krisis toegang tot water gaan wees, soortgelyk aan die huidige situasie met krag.

Fred het die paneel en gehoor herinner dat net soos in die geval van Eskom, kwessies van betaling en nie-betaling, en swak bestuur ook ‘n rol in watertekorte en uitdagings speel. Hy sê een van die oplossings is dat daar ‘n groot verandering rakende herwinning van water en riool moet wees.

Benoit het bygevoeg dat voorbeelde van die beste praktyk om water te bestuur wat nie opgespoor kan word nie, soos lekkasies of diefstal, gemeet kan word teenoor Tokio se persentasie van 2,5%. Die slegte nuus is dat groot Suid-Afrikaanse stede soos Kaapstad en Johannesburg se waterverlies in die omgewing van 35% tot 45% is.

Van ‘n landbouperspektief gebruik die bedryf sowat 60% van die beskikbare water in Suid-Afrika. Francois het gesê dat produsente ingelig moet word en beloon moet word om water op ‘n volhoubare manier te bestuur. Hy het ‘n voorbeeld genoem van hoe produsente vleilande op ‘n volhoubare manier sal gebruik, indien hulle verged word in plaas daarvan om dit droog te lê.

Maar die situasie is darem nie net sleg nie, omdat daar baie oplossings beskikbaar is om Suid-Afrika se wateruitdagings die hoof te bied.

Om meer uit te vind oor hoe ons kan help om dié doelwit te bereik, gaan na www.nasieingesprek.co.za.

Leave A Comment