NEWS | Latest news articles

Die Skuif van Kommoditeite na die Handelsmark

  • 19 May 2017
  • 2209
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  press-release



Die paneel het kenners ingesluit soos: Phillip Retief (Van Loveren), Tobias Fourie (Limpopo Dairy), Musi Kuzwayo (Ignitive) en Chris Moerdyk (Bemarkingsanalis).
 
Die program het gefokus op die krag, belangrikheid en doeltreffendheid van handelsmerke. Muzi was eerste aan die beurt en het gesê dat “om ʼn handelsmerk te laat groei is baie soos om enigiets te groei, jou beeste, jou kind, ensovoorts, die omgewing moet reg wees.... die probleem met produsente en klante is dat die verhouding nie goed is nie.” 
 
Chris sê dat die handelsmerke ʼn kritieke rol in die digitale omgewing speel omdat klante toegang het tot so baie met slegs die kliek van ʼn muis.
 
Tobias sê dat in sy ervaring is dit vertroue en waarde wat die sukses van hulle handelsmerke bepaal. “Ons het tyd gemaak om klante te vra hoekom hulle ons produkte koop en wat dit anders maak as die van die kompetisie. Ek glo dat in slegte tye wil mense iets koop wat hulle vertrou en handelsmerke wat mense se vertroue het, is baie belangrik in tye soos hierdie.”
 
Phillip sê dat om met jou intuïsie te gaan is baie keer die regte ding om te doen. “Indien ons marknavorsing gedoen het voor ons Four Cousins handelsmerk geloods het, sou ons dit nooit geloods het nie. Die mark was deurmekaar en die spasie was baie beperk, maar ons het gedink dat die klant ʼn soet en ligte wyn in ʼn groter bottel sal verkies.”
 
Chris se kommentaar was: “jy kan nie heeltemal op navorsing of intuïsie steun nie, dit moet ʼn kombinasie van beide wees... daar is geen groot besigheid waar daar nie risiko’s is nie.”
 
Die paneel was verseker baie deelnemend in hierdie lewendige debat rakende faktore wat die lewensduur van handelsmerklojaliteit bepaal, wat ʼn handelsmerk kan verwoes en hoe om krisissituasies te bestuur wat handelsmerke negatief beïnvloed.
 
Die reeks vier vanjaar vier jaar van uitsendings by Nampo waar die gesprek oor die belangrikheid van landbou wyd versprei word oor verskeie hoofstroom media soos KykNet, 702/Cape Talk, Soweto TV, Business Day TV en baie ander. Die reeks is ook beskikbaar via YouTube. Laai die Nasie in Gesprek Toep af by www.nasieingesprek.co.za om by die gesprek aan te sluit asook vir die volledige uitsaaiskedule waar jy die volledige episode kan kyk.
 
Einde.
 
Uitgereik deur: 
Marlon Abrahams 
Kommunikasiebestuurder 
Tel: 018 464 7349 
Sel: 076 412 9717





Related Articles